Boeremusiek Museum

Saterdag, 5 Mei 2018 - Wat n geskiedkundige dag!

 

Weereens gaan die Boeremusiekgilde dit vermag.

Na jare se beplanning en harde werk agter die skerms het die Direksie van die Boeremusiekgilde van SA vergader met rolspelers en die oprigting van ons Boeremusiekgilde museum te Leeupoort gefinaliseer.

Ons is hard aan die werk en almal betrokke gooi hulle gewig in.  Weereens moet ons aan Pieter Bodenstein en sy span bedank vir die reuse werk wat hulle verrig.  So ook vir David Krause wat vir ons die grond beskikbaar stel, asook behulpsaam gaan wees.  

Daar gaan binne die volgende weke begin word met die fondasie.

Ons wil graag dat almal wat op een of ander wyse betrokke kan raak in enige vorm van skenkings, finansies of hulp my kontak.

My besonderhede:
Sel 0735657900.
Epos. Williebmghk@gmail.com.

Met al ons boeremusiek liefhebbers se hulp en ondersteuning gaan ons dit n groot werklikheid maak.

Ons sal julle op hooghte hou van vordering.

As jy lief is vir boeremusiek, raak asseblief betrokke.

Groete,


Willie Mynhardt
Direkteur:  Bewaring

 
Hier is die span asook die grond waar die penne ingeslaan is.