See PRO editionSee PRO edition

See other templatesSee other templates

Our Mission

It is our mission as a cultural organization to preserve, promote and manage our cultural music with a national identity in the true Boeremusic idiom and to develop dynamically, in order to keep up with changing times and to modernise without jeopardising the historic flavour or basis thereof.

Slide 2 foto-14 Slide 3 11722276_1039726216039632_4919201262238799149_o Slide 4 Slide 5 Slide 6 Slide 7 Slide 8 Slide 9

Ons Missie

Ons missie is om as kultuurorganisasie ons volkseie kultuurmusiek in die Boeremusiek-idioom te bewaar, te bevorder, te bestuur en dinamies te laat groei en ontwikkel om saam met veranderende tye te moderniseer sonder om afbreuk te doen aan die historiese inslag of basis daarvan.

HomeBoeremusiek Museum

Boeremusiek Museum

Saterdag, 5 Mei 2018 - Wat n geskiedkundige dag!

 

Weereens gaan die Boeremusiekgilde dit vermag.

Na jare se beplanning en harde werk agter die skerms het die Direksie van die Boeremusiekgilde van SA vergader met rolspelers en die oprigting van ons Boeremusiekgilde museum te Leeupoort gefinaliseer.

Ons is hard aan die werk en almal betrokke gooi hulle gewig in.  Weereens moet ons aan Pieter Bodenstein en sy span bedank vir die reuse werk wat hulle verrig.  So ook vir David Krause wat vir ons die grond beskikbaar stel, asook behulpsaam gaan wees.  

Daar gaan binne die volgende weke begin word met die fondasie.

Ons wil graag dat almal wat op een of ander wyse betrokke kan raak in enige vorm van skenkings, finansies of hulp my kontak.

My besonderhede:
Sel 0735657900.
Epos. Williebmghk@gmail.com.

Met al ons boeremusiek liefhebbers se hulp en ondersteuning gaan ons dit n groot werklikheid maak.

Ons sal julle op hooghte hou van vordering.

As jy lief is vir boeremusiek, raak asseblief betrokke.

Groete,


Willie Mynhardt
Direkteur:  Bewaring

 
Hier is die span asook die grond waar die penne ingeslaan is.  
 
 
 

Boeremusiekgilde - Facebook

Passie vir Boeremusiek

Gee jou hart

SLUIT AAN

Maak gerus gebruik van die elektroniese aansoekvorm indien jy graag by die Gilde wil aansluit of skryf aan ons as jy meer inligting verlang. Sodra ons jou aansoek via ons webwerf ontvang het en dit deur die Direksie goedgekeur is, sal ons jou meedeel wat die ledegeld bedrag is en reëlings tref vir betaling.

NOORDSTREEK

Die Noordstreek sluit die volgende takke in: Bosveld, Klerksdorp, Leeupoort, Pietersburg, Pretoria, Rustenbrug, Vaaldriehoek, Vrystaat, en Witwatersrand. Die takke het elk hul eie afdeling op ons webblad. Volg gerus die skakels na die verskillende takke om meer oor hul doen en late te wete te kom.

SUIDSTREEK

Die Suidstreek sluit die volgende takke in: Outeniqua, Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen. Die takke het elk hul eie afdeling op ons webblad. Volg gerus die skakels na die verskillende takke om meer oor hul doen en late te wete te kom.

KONTAK ONS

Boeremusiekgilde van SA
Postnet Suite #279
Private Bag X2020, Isando, 1600
HUB:  Jaap Koen - hub@boeremusiekgilde.org.za
Sekretariaat:  Ronelle Jonker - sekretaresse@boeremusiekgilde.org.za
Go to top