See PRO editionSee PRO edition

See other templatesSee other templates

Our Mission

It is our mission as a cultural organization to preserve, promote and manage our cultural music with a national identity in the true Boeremusic idiom and to develop dynamically, in order to keep up with changing times and to modernise without jeopardising the historic flavour or basis thereof.

Slide 2 foto-14 Slide 3 11722276_1039726216039632_4919201262238799149_o Slide 4 Slide 5 Slide 6 Slide 7 Slide 8 Slide 9

Ons Missie

Ons missie is om as kultuurorganisasie ons volkseie kultuurmusiek in die Boeremusiek-idioom te bewaar, te bevorder, te bestuur en dinamies te laat groei en ontwikkel om saam met veranderende tye te moderniseer sonder om afbreuk te doen aan die historiese inslag of basis daarvan.

Home

Boeremusiekgilde Nasionale Nuusbrief 2016 Vol 1 
Die Nasionale Nuusbrief 2016/02 is aan lede gepos. Kliek hier om die nuusbrief in pdf formaat af te laai.

Geseënde Kersfees

Boeremusiek staaltjies

Deel jou Boeremusiek staaltjies en ondervindinge met ons

 

'n Bekende het eendag gesê ‘n musikant bestee die meeste van sy “raklewe” op die pad. Op hierdie “paaie” hoor hy snaakse sêgoed en beleef hy/sy dinge wat min mense van weet. Hy kom op plekke waar hy andersins nooit sou kom nie en sien of ervaar daardie onvoorsiene en onverwagte komiese gebeurtenis wat op en van die verhoog gebeur waaroor daar lank daarna, ongelukkig net in die binnekringe, oor gepraat, geskerts en gespot word.

 

Vertel ons van jou Boeremusiek staaltjies

Boeredanse

Danette Smith het ‘n handleiding saamgestel vir boeredansgroepe en individue wat daarin belangstel en selfs ‘n groep te begin. Sy sê met hul optredes is daar altyd belangstelling en ook vrae oor die herkoms van Boeredanse.

Lees meer oor Boeredanse

Ere-President : Paul Roodt

Paul Roodt

Paul se visie vir die Boeremusiekgilde is: Om ‘n platform te skep vir musikante om hulle talente uit te leef en blootstelling te kry om op te tree. Ons moet ook verseker daar is ‘n goeie gees onder ons lede. Indien daar ‘n probleem is, moet dit onmiddellik aangespreek word. Ons moet veg vir die voortbestaan en oorlewing van ons kultuur erfenis, boeremusiek.

Lees meer...


 

Beskermheer: Fanie le Roux



Fanie , bekende Konsertinaspeler is baie bekend in die Suidstreek. Hy is ook baie betrokke by die musiekwerkswinkels in die Kaap om jong en nuwe musikante op te lei. Dankie Fanie vir die reuse werk wat jy in die Suide verrig.


SLUIT AAN

Maak gerus gebruik van die elektroniese aansoekvorm indien jy graag by die Gilde wil aansluit of skryf aan ons as jy meer inligting verlang. Sodra ons jou aansoek via ons webwerf ontvang het en dit deur die betrokke dagbestuur goedgekeur is, sal ons jou meedeel wat die ledegeld bedra en reëlings tref vir betaling.

NOORDSTREEK

Die Noordstreek sluit die volgende takke in: Bosveld, Klerksdorp, Leeupoort, Pietersburg, Pretoria, Rustenbrug, Vaaldriehoek, Vrystaat, en Witwatersrand. Die takke het elk hul eie afdeling op ons webblad. Volg gerus die skakels na die verskillende takke om meer oor hul doen en late te wete te kom.

SUIDSTREEK

Die Suidstreek sluit die volgende takke in: Outeniqua, Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen. Die takke het elk hul eie afdeling op ons webblad. Volg gerus die skakels na die verskillende takke om meer oor hul doen en late te wete te kom.

KONTAK ONS

Die Nasionale Voorsitter
Posbus 13552
Norkem Park
1631

 

Go to top